Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
luidier s.nw. | luidiere | ◌ ENGELS: sloth
UITDRUKKING(S):
♦ soos ’n luidier op jou kom sit jou loom en traag maak: › Noudat die eksamen verby is, onse gang leeg en stil, en ’n soort leënessindroom gewoonlik die tyd van die jaar soos ’n luidier op ons kom sit (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 17 November 2023).
♦ soos ’n luidier ronddra (t.o.v. ’n las of probleem) gebuk gaan onder: › Dit kon sy gewees het wat soos van hulle vandag nog ’n misdaadgeskiedenis soos ’n luidier ronddra, wat sukkel om ’n ordentlike staanplek in dié land te kry, wat ’n goeie stryd gestry het en vandag nog die prys betaal (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 19 Junie 2020). ◌ SINONIEM(E): soos ’n meulsteen om die/jou nek dra
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn
lysartikel
M2M
maaf
maagkrul
macchiato
Machina sapiens
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat