Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
lojaliteitspunte s.nw. [meervoud] punte of ander belonings wat jy verdien, dikwels deur ’n lojaliteitskaart te laat skandeer, wanneer jy, volgens die reëls van ’n lojaliteitbeloningsprogram van ’n bank, winkel of ander diensverskaffer, iets koop of inkopies of aankope by ’n spesifieke plek doen: › Sommige van hierdie soort [selfoon]data is slegs beskikbaar ná tweeuur in die oggend en net as jy op die spaarkamer se toilet sit en jou laaste haarsny gekry het met lojaliteitspunte wat jy op jou Clicks-kaart versamel het omdat jy net by Caltex brandstof ingooi. Of dis soos dit voel (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 4 November 2022). › Lojaliteitspunte is een van die algemeenste maniere waarop Suid-Afrikaners probeer om hul sente te rek, met 66% van respondente wat dit beslis inspan (Hanlie Stadler, Netwerk24, 20 Julie 2022). ◌ ENGELS: loyalty points
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn