Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

paan s.nw. [geen meervoud] (Indies) betelblaar met daarin toegerol allerlei speserye, waaronder gekerfde betelneut, lemmetjie en ’n rooi stroop, as lekkerny wat ure gekou kan word: Theba se familie was Moslem en die hele span kleinkinders was amper permanent in haar ouma se klein woonstel [in Fordsburg, Johannesburg]. Hier het hulle in die stowwerige jaart gespeel en stroperige paan geëet terwyl haar ouers probeer om hul winkel in die Oosterse Plaza (teen hemelhoë huur) te laat slaag (Deborah Steinmair oor Razina Theba se memoire, A Home on Vorster Street, Vrye Weekblad, 24 September 2021). Indiese lekkernye was deur die eeue ’n gunsteling en het indertyd al ’n indruk gemaak op Jan van Riebeeck wat ’n groot liefhebber was van paan – wat as ’n Indiese-kougom beskryf kan word (Beeld, 29 November 2005). Een neef, Salim, was almal se gunsteling en is tot in die afgrond bederf met lekkers en gebak. Sy paan was die dikste van die lot (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 24 September 2021).ENGELS: paan

  Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther