Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
lepeltjievetkoek s.nw. | lepeltjievetkoeke | (kookkuns) vetkoek met bakpoeier as rysmiddel, waarvan lepels vol van die beslag in vlak olie tot ligbruin en weerskante gaar gebraai word: › Lepeltjie-vetkoek. Vetkoek-tradisionaliste sal hierdie poffertjierige vetkoek met bakpoeier as rysmiddel kwalik as erfenishappie sien, maar vir my is dit die vinnigste pad na nostalgie. Dié geliefde variasie probeer nie meeding met die suurdeeg-weergawe nie, maar verdien ons liefde vir spoed, spaarsamigheid en veelsydigheid (Errieda du Toit, Netwerk24, 16 September 2018).
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC
LDPE
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek