Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kweekhuiseffek telw. [geen meervoud] Proses waarby die warmte wat kom van die oppervlak van ’n planeet, soos die aarde, deur kweekhuisgasse (veral metaan- en koolsuurgas) in die atmosfeer opgeneem en in alle rigtings uitgestraal word, wat die oppervlaktemperatuur laat styg, as gevolg van die strale wat daarheen teruggekaats word: › Die kweekhuiseffek is die proses waardeur die son se ultravioletstrale vrylik die aarde se atmosfeer binnekom, maar dat nie al die infrarooi-hittestrale wat deur aarde se sonverwarmde oppervlakte uitgestraal word, weer uit die atmosfeer kan ontsnap nie. Die netto gevolg hiervan was vir millennia dat die aarde se oppervlak warm genoeg is vir miljuisende verskillende spesies om te kan oorleef, maar nie so warm word dat alles doodbraai nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 6 Desember 2019). › Swaeldioksied word beskou as ’n “indirekte kweekhuisgas” omdat dit die kweekhuiseffek van bekende kweekhuisgasse, soos koolstofdioksied en metaan, kan aanhelp (Suzanne Venter, Rapport, 25 Augustus 2019).
◌ ENGELS: greenhouse effect | hothouse effect
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kunsmatig
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
kwaf
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
laghoe
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie
landlyn
lang
lang covid
langbome
lang-covid
lap