Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
landbou s.nw. [geen meervoud]
sellulêre landbou aanwending van biotegnologie, weefselingenieurswese, molekulêre biologie en sintetiese biologie om uit kulture (= kweeksels) van selle nuwe metodes te skep en ontwikkel om proteïen, vet en weefsel te produseer wat andersins, in tradisionele landbou, van diere sou kom: › Die tegnologie van sellulêre landbou, wat gebruik word om diereprodukte te kweek sonder dat die diere nadelig geraak word, maak dit moontlik om die smaak, tekstuur, reuk en voedingsamestelling van gewone vleis na te maak (Fredalette Uys, Landbou.com, 29 Oktober 2021).
◌ ENGELS: cellular agriculture
KYK OOK: kweekvleis
kurator
kureer
kurering
kwabis
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie
landlyn
lang
lang covid
langbome
lang-covid
lap
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC
LDPE
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer