Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
LBD afk. [Engelse afkorting Lewy body dementias] [soms verkort tot Lewy] twee vorme van demensie gekenmerk deur Lewy-liggaampies op neuropatologiese vlak: demensie met Lewy-liggaampies (DLL) en parkinsonsdemensie: › Dit vat minder as 10 minute vir die dokter om my pa te diagnoseer. Hy het nie alzheimers nie, maar wel ’n ander vorm van demensie. LBD is die tweede mees algemene vorm van demensie naas alzheimers, maar een waaroor ons baie minder weet (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 3 Junie 2022). › Dit is maar goed ek het daardie dag nie alles geweet het wat ek vandag oor LBD weet nie. Dat dit ’n “denkverwante eerder as geheueverwante” siekte is. Dat ’n mens mettertyd jou spraak verloor. Dat die hallusinasies, paranoia en drome net tot op ’n punt beheer kan word. Want daar is eintlik geen medikasie vir LBD nie omdat die neerleggings op die brein (die sogenaamde Lewy-liggaampies) die brein van week tot week só kan laat verander dat iets wat vandag werk, môre gevaarlik kan wees (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 3 Junie 2022). ◌ SINONIEM(E): Lewy-liggaamsiekte | LLS
samestelling(s):
Lewy-diagnose
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie
landlyn
lang
lang covid
langbome
lang-covid
lap
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC
LDPE
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties