Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

labirint s.nw. | labirinte |
1
(a) ingewikkelde figuur, ’n soort mandala, wat bestaan uit ’n pad, geteken of waarop ’n mens kan stap, wat verskeie kere om en verby die eindpunt kronkel voordat dit eindelik daardie eindpunt, gewoonlik in die middel, bereik: ’n Labirint is dikwels ’n hulpmiddel by meditasie. Wyle tannie Kitta [...] het ’n labirint gebou. As jy ’n bietjie kop wil skoonmaak en die spinnerakke binne jou skedel wil afstof, is ’n wandeling tussen die klipbane onder ’n duifeier-blou lug ’n ware “spring clean” vir die psige (Jacques Marais, Netwerk24, 26 Augustus 2022). Almal kan die spekboom-labirint van sowat 880 m stap, wat sowat ’n kwartier neem om te stap tot by die middelpunt. ’n Labirint verskil van ’n doolhof deurdat dit net een ingang en uitgang het en ’n mens kan dus nie verdwaal nie (Veronica Fourie, Netwerk24, 7 Julie 2022). ’n Labirint het net een pad na binne en weer na buite. Die vorm van die pad het ’n neurologiese uitwerking op die brein en bring helderheid en kalmte as jy dit stap. Baie mense stap die pad peinsend vir persoonlike groei en ontwikkeling. ’n Doolhoof se paaie is deurmekaar, moeilik om jou weg te vind, en brings angs en selfs paniek (Lynette Prozesky, FB, 12 September 2022).(ook figuurlik): Die labirint van ’n vrou se hart is ingewikkeld (PaarlPost, 12 Augustus 2022).
SINONIEM(E): meditasielabirint
(b) (kerkgeskiedenis) ingewikkelde geometriese patroon wat ’n simboliese voorstelling is van die moeilike weg na God, dikwels op die vloer of teen die muur van ’n kerk.
SINONIEM(E): kerklabirint

2
(Griekse mitologie) struktuur of gebou met soveel kruisende gange en ineengeslote hoekies en kamers dat ’n mens maklik daarin verdwaal.(ook figuurlik): Is die lewe soos die Camino, ’n ellelange, uitmergelende soektog om ons pad te vind, stoksielalleen, deur ’n labirint of doolhof? (Netwerk24, 15 Augustus 2022). Dit help nie om toe-oë deur die labirint van die nuwe kuns te dwaal in die hoop dat ’n verblindende lig uit die niet sal verskyn om helderheid te bring nie (Die Burger, 14 Mei 1997).
SINONIEM(E): doolhof

3
(figuurlik) ingewikkelde, verwarrende situasie of toestand: Is die betreklike jong politieke leier [...] dalk die man wat aan hulle rigting gaan gee uit die politieke labirint en leemte waarin hulle verkeer? (Beeld, 8 April 1997).

4
(anatomie) drie halfsirkelvormige buisies/kanale wat saam met die koglea/skulpbeen die binneoor vorm.


oorsprong:
doolhof: dool dwaal + hof tuin.


afleiding(s):
labirinties

Die Labirint

In Kreta was daar, volgens die Griekse mitologie, ’n gruwelike monster, die minotaurus, met die liggaam van ’n mens en die kop van ’n bul. Koning Minos van Kreta vra toe vir Daidalos, die beroemdste bouer en beeldhouer van sy tyd, om ’n plek te bou waarin hy die minotaurus kon hou. So bou Daidalos toe die Labirint, ’n doolhof met soveel kronkelende gange dat niemand wat daarin beland, weer hulle weg na buite kan vind nie. In die Labirint word die minotaurus opgesluit, maar in die Labirint word jaarliks steeds sewe jong mans en sewe jong maagde aan hom geoffer. Totdat die heldhaftige Theseus, wat een van sy slagoffers moes wees, die ondier in sy Labirint dood. Ariadne, die dogter van die koning, gee vooraf aan Theseus ’n tol gare. Met dié draad van Ariadne vind hy sy pad uit die doolhof terug.



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther