Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kumbaya [ook met ’n hoofletter] (informeel, minagtend, neerhalend)


s.nw. [geen meervoud] (suiwer) inskiklikheid, vergewensgesindheid, vrede, en dergelike: Moenie dink dis ’n ding van kumbaya en handeklap nie. Ek weet daar is tye waar daar intense gesprekke is (Ollie le Roux, Huisgenoot, 9 November 2023). Ek het selfs dalk deernis vir my pa. Maak geen fout nie – dis geen kumbaya nie. Ek praat nie eens oor vergifnis nie. Ek weet nie wat dit beteken nie (Pieter Fourie, Huisgenoot, 1 April 2021).

kumbaya sing inskiklik en tevrede wees; nie teëstribbel nie; jou nie teësit of verset nie: Soos ’n pizza word ons weer volgens raslyne verdeel [...] En dan verwag die ANC van ons om “Kumbaya” te sing (Johann Maarman, Netwerk24, 22 Mei 2023). Dit irriteer die hel uit my uit as ek mense raakloop wat [...] óf doemprofete is en hulle verlekker in enigiets wat verkeerd gaan, asof hulle hul besluit om landuit te gaan moet regverdig, óf kumbaya sing en hulle doof hou vir misdaad, korrupsie en vrot regering (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 12 Augustus 2021).


b.nw., bw. [attr. en pred.]
1
(altyd net) inskiklik en tevrede.

2
oppervlakkig: Daar is te veel onenigheid rakende koalisiepolitiek; die Veelpartyverkiesingsmanifes is te kumbaya vir mense om werklik daarop in te koop (Mercy Kannemeyer, Vrye Weekblad, 20 Oktober 2023).
SINONIEM(E): vlak

3
(geestelik of spiritueel) onkundig, oningelig of naïef

KYK OOK: kumbayaïsme


oorsprong:
Na die Gullah-frase kum ba yah “kom hierlangs”, as hulproep tot God en as naam van ’n ou Afro-Amerikaanse spirituele lied wat oorspronklik in dié kreoolse taal aan die kus van Florida, Suid-Carolina en Georgia gesing is.



samestelling(s):
kumbaya-groep(ie): Daar is ’n sensitiwiteit vir mekaar wat ek nie in die verlede gesien het nie. Maar “ons is nie ’n kumbaya-groepie nie” stel hy dit onomwonde (Netwerk24, 26 Junie 2021).
kumbaya-onskuld: In Nederland is ek gou uit my kumbaya-onskuld geruk (Anesca Smith, Vrye Weekblad, 9 Januarie 2024).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther