Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
lakmoestoets s.nw. | lakmoestoetse |
1 (chemie) toets waarby die kleurstof lakmoes gebruik word om die alkaliniteit of suurgraad van ’n oplossing of dergelike vas te stel. → lakmoes
2 (figuurlik) betroubare toets om iets te bepaal: › My oupa se lewe is ’n lakmoestoets van die Westerse koloniale projek in Suider-Afrika. Hy was dikwels by een of ander landbouskou vir sy werk. In sy video-argiewe sien jy die mans in pakke, die tannies met hul opgepofte hare (David Brits, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023). › Oor dekades heen het die reaksie op die Rushdie-sage die lakmoestoets geword vir die bedreiging van spraakvryheid oor die wêreld heen (Pieter Malan, Rapport, 28 Augustus 2022). › Eskom het die lakmoestoets geword van of die Cyril Ramaphosa-administrasie die land weer op sy voete sal kan kry (Die Burger, 13 Maart 2019). › Wat elektriese voertuie betref, is reikafstand maar die groot lakmoestoets (Die Burger, 14 September 2017). ◌ ENGELS: litmus test
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie
landlyn
lang
lang covid
langbome
lang-covid
lap
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC