Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kumbaya [ook met ’n hoofletter] (informeel, minagtend, neerhalend)
♦ s.nw. [geen meervoud] (suiwer) inskiklikheid, vergewensgesindheid, vrede, en dergelike: › Moenie dink dis ’n ding van kumbaya en handeklap nie. Ek weet daar is tye waar daar intense gesprekke is (Ollie le Roux, Huisgenoot, 9 November 2023). › Ek het selfs dalk deernis vir my pa. Maak geen fout nie – dis geen kumbaya nie. Ek praat nie eens oor vergifnis nie. Ek weet nie wat dit beteken nie (Pieter Fourie, Huisgenoot, 1 April 2021).
› kumbaya sing inskiklik en tevrede wees; nie teëstribbel nie; jou nie teësit of verset nie: › Soos ’n pizza word ons weer volgens raslyne verdeel [...] En dan verwag die ANC van ons om “Kumbaya” te sing (Johann Maarman, Netwerk24, 22 Mei 2023). › Dit irriteer die hel uit my uit as ek mense raakloop wat [...] óf doemprofete is en hulle verlekker in enigiets wat verkeerd gaan, asof hulle hul besluit om landuit te gaan moet regverdig, óf kumbaya sing en hulle doof hou vir misdaad, korrupsie en vrot regering (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 12 Augustus 2021).
♦ b.nw., bw. [attr. en pred.]
1 (altyd net) inskiklik en tevrede.
2 oppervlakkig: › Daar is te veel onenigheid rakende koalisiepolitiek; die Veelpartyverkiesingsmanifes is te kumbaya vir mense om werklik daarop in te koop (Mercy Kannemeyer, Vrye Weekblad, 20 Oktober 2023). ◌ SINONIEM(E): vlak
3 (geestelik of spiritueel) onkundig, oningelig of naïef
KYK OOK: kumbayaïsme
oorsprong:
Na die Gullah-frase kum ba yah “kom hierlangs”, as hulproep tot God en as naam van ’n ou Afro-Amerikaanse spirituele lied wat oorspronklik in dié kreoolse taal aan die kus van Florida, Suid-Carolina en Georgia gesing is.
samestelling(s):
kumbaya-groep(ie): › Daar is ’n sensitiwiteit vir mekaar wat ek nie in die verlede gesien het nie. Maar “ons is nie ’n kumbaya-groepie nie” stel hy dit onomwonde (Netwerk24, 26 Junie 2021).
kumbaya-onskuld: › In Nederland is ek gou uit my kumbaya-onskuld geruk (Anesca Smith, Vrye Weekblad, 9 Januarie 2024).
kuberafpersing
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging
kuberboelie
kuberevalueringsintuig
kuberhandskoen
Kubermaandag
kubermisdaad
kubermisdadiger
kuberpelgrimstog
kuberseks
kuberskilpad
kuberweiveld
kuborg
kudde-immuniteit
kuljoen
kultureel
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
lakenstyd
lakmoes