Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kriptoniet s.nw. [geen meervoud]
1 (in verhale wat oor die superheld Superman handel) ’n fiktiewe mineraal wat bekend is as die enigste stof wat Superman kan verswak en hom tydelik magteloos laat. ◊ (ook figuurlik): › Het ’n donker engel kriptoniet oor die Weste se Superman-robuustheid gesproei? Is die Westerse breinselle met ’n verlammende siekte besmet? (Rapport, 26 Junie 2022).
2 iets wat iemand verswak of waarteen iemand magteloos is: › Die euforie en opwelling van patriotisme en samehorigheid wat in elke hoek en kant van Suid-Afrika opgeborrel het nadat die Springbokke die Wêreldbeker gewen het, is die EFF se kriptoniet (Max du Preez, Vrye Weekblad, 10 November 2023). › Vir elke superman is daar ’n kriptoniet.
oorsprong:
Afgelei van Kripton, die planeet waarvandaan Superman kom.
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad
krygshommeltuig
KSAAG
KSUT
kuberafknouer
kuberafperser
kuberafpersing
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging
kuberboelie
kuberevalueringsintuig
kuberhandskoen
Kubermaandag
kubermisdaad
kubermisdadiger
kuberpelgrimstog
kuberseks