Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kragskip s.nw. | kragskepe | (omgeboude) vragskip waarop ’n kragsentrale geïnstalleer is en wat na plekke vaar waar (bykomende) elektriese krag nodig is: › Die voordeel van die kragskepe is dat hulle klaar gebou is, dat die infrastruktuur daarvoor reeds bestaan, dat dit volgende jaar al kan begin krag lewer, dat dit goedkoper en skoner as die dieselturbines is, en dat elders bewys is dat dit goed werk (Max du Preez, Vrye Weekblad, 12 Mei 2021). › Die kragskepe gebruik nie turbines soos die meeste dieselkragopwekkers nie en is eerder meer soos ’n motorenjin wat met suiers werk. Die enjins verbrand ook swaar oliebrandstof, ’n neweproduk wanneer olie geraffineer word en wat gewoonlik as brandstof vir skepe gebruik word (Dewald van Rensburg, Netwerk24, 11 Julie 2015). › Die Russiese kernkragmaatskappy [...] het ’n kragskip met ’n kernkragstasie daarop en beplan nog sulke drywende kernkragstasies (Francois Williams, Netwerk24, 19 Maart 2021). › Omgewingsaktiviste dring daarop aan dat die uitwerking van die lou water wat deur die kragskepe vrygestel sou word, en die onderwater-geraas wat dit sou veroorsaak, eers behoorlik nagevors moet word voordat die kontrak toegeken word (Vrye Weekblad, 12 Mei 2021).
◌ ENGELS: powership | power ship
koronastres
koronatoets
koronavirus
koronavrees
koroneus
Korporania
korpuslinguistiek
koskoma
kosmeseuties
kosmeseutika
kosmeseutikum
kosopfokker
kostuinbou
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad
krygshommeltuig