Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kriptogeldeenheid s.nw. | kriptogeldeenhede | [dikwels afgekort of verkort tot kriptogeld, kripto] enigeen van verskeie digitale geldeenhede wat deur middel van gedesentraliseerde tegnologie, op enige plek ter wêreld, sonder die tussenkoms van ’n bank of sentrale owerheid en met minimale tariewe, veilige betalings vir enige waarde moontlik maak: › Eenvoudig gestel is [kriptogeldeenhede] munte wat gemyn kan word deur ingewikkelde wiskundige probleme op te los of, soos wat die meeste mense doen, kan jy hulle op ’n beurs koop. Dié munte is verhandelbaar of kan gebruik word om dinge in die regte wêreld aan te koop. (Finweek, 5 Oktober 2017). › Daar is al byna 1 500 kriptogeldeenhede (Sarie, April 2018). › ’n Verhandelaar koop, verkoop en “stoor” namens jou kriptogeld (Sarie, April 2018). › Kriptogeld gebruik blokkettingtegnologie.
◌ ENGELS: crypto currency | cryptocurrency
KYK OOK: blokketting, kriptomyner
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad
krygshommeltuig
KSAAG
KSUT
kuberafknouer
kuberafperser
kuberafpersing
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging
kuberboelie
kuberevalueringsintuig
kuberhandskoen
Kubermaandag
kubermisdaad