Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kubermisdaad s.nw. | kubermisdade | misdaad of misdade wat gepleeg word in die konteks van rekenaarstelsels, e-posse en dergelike, hoofsaaklik deur swakhede in stelsels uit te buit en gebruikers op verskillende maniere te mislei: › Die miljardêr Warren Buffett beskryf kubermisdaad as die nr. 1-probleem ter wêreld (Netwerk24, 2 November 2022). › Die koste van kubermisdaad is vandag meer as net die steel van geld, en sluit in aspekte soos die vernietiging van data, verlore produktiwiteit, die elektroniese diefstal van intellektuele kapitaal, die ontwrigting wat ná ’n kuberaanval ontstaan en die koste om weer op die been te kom, om maar ’n paar te noem (prof. Basie von Solms, Netwerk24, 2 November 2022). ◌ ENGELS: cyber crime
samestelling(s):
kubermisdaadbevegting
kubermisdaadslagoffer
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad
krygshommeltuig
KSAAG
KSUT
kuberafknouer
kuberafperser
kuberafpersing
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging
kuberboelie
kuberevalueringsintuig
kuberhandskoen
Kubermaandag
kubermisdaad
kubermisdadiger
kuberpelgrimstog
kuberseks
kuberskilpad
kuberweiveld
kuborg
kudde-immuniteit
kuljoen
kultureel
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer