Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kota s.nw. | kotas | (Suid-Afrika, kookkuns) kwart van ’n brood wat uitgehol en met verskillende bestanddele, soos slaptjips, snye polonie, gebakte eier, kaas, atjar en tamatiesous, gevul word: Die kota is ’n gewilde straatkos in talle buurte in Gauteng. Dis so gewild dat Okay Wasabi en Daliii Danger die YouTube KotaPast9-kanaal begin het om na die perfekte kota te soek. Ons het hulle gevra om vir ons te wys hoe om ’n kota te maak (Huisgenoot, 17 Mei 2018). Die kota, die townshipburger, is so gewild dat daar elke dag 600 ongesnyde brode by John se winkeltjie alleen afgelewer word om in 2 400 kotas gesny te word (Finweek, 14 Januarie 2016). Vandag lyk dit of almal oor hul voete val om hul kaassny in ’n kota of ’n vetkoek te kry (Finweek, 14 Januarie 2016). knoffelpolonie-kota (Huisgenoot, 12 November 2020). Kotas is uiters gewild in Gauteng en Limpopo en baie in Mpumalanga, maar in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap eet hulle nie kotas nie. Die gewildste wegneemkos daar is eerder amagwinya (Finweek, 14 Januarie 2014).
ENGELS: kota


oorsprong:
Van Engels quarter


samestelling(s):
kotawinkel: Dit is die burger van die Gautengse townships waar daar in byna elke straat, skoolterrein en taxistaanplek ’n kota-winkel is (Finweek, 14 Januarie 2016). Verfwerk teen die mure van kota-winkels dien as spyskaartborde, met elke voedselinsluiting by die kota of vetkoek – of dit nou ’n sny polonie of ’n lepel atjar is – wat R1 of R2 by die basiese prys voeg (Finweek, 14 Januarie 2016).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther