Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kumbayaïsme s.nw. [geen meervoud] (informeel, minagtend, neerhalend) eenvoudige, idealistiese, oormatig optimistiese of dergelike benadering tot die oplossing van ’n geskil, probleem of konflik, die bevordering van eenheid, of die bereiking van konsensus, sonder genoegsame aandag aan die kompleksiteite, uitdagings of uiteenlopende perspektiewe wat betrokke is, soms tot die punt waar die manier van aanpak as naïef of onrealisties beskou kan word: › Peterson het dit teen ’n tipe Kumbayaïsme waar ’n veelheid kulture onder een sambreel saamleef met die voorveronderstelling dat die een die ander die spasie moet gun om essensieel die wêreld te orden soos hy wil (Pieter Malan, Rapport, 3 Desember 2023). ◌ ENGELS: kumbayaism
oorsprong:
Afro-Amerikaans
KYK OOK: kumbaya
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging
kuberboelie
kuberevalueringsintuig
kuberhandskoen
Kubermaandag
kubermisdaad
kubermisdadiger
kuberpelgrimstog
kuberseks
kuberskilpad
kuberweiveld
kuborg
kudde-immuniteit
kuljoen
kultureel
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets