Bygewerk op 23 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Pretoriaans
s.nw. [geen meervoud] (skertsend) variëteit van Afrikaans wat in die omgewing van Pretoria gepraat en dikwels aan die oorgeronde uitspraak van die /a/-klank as ’n /ɔː/-klank uitgeken word: Hoe verleidelik is mooi, skoon of goeie taal? Die vraag duik op wanneer die kyker, of luisteraar skielik blootgestel word aan ’n kommentaar soos: “Jis, my ou, daai girl is hot en sommer sharp ook.” Die sprekers sit agter my. Ek loer. Aansienlike kêrels. Maar nou kom die knoop: Dis immers nie Pretoriaans of Namakwaans of, veral nie wye Kaaps wat ek hier hoor nie. Dis, om te bieg, afstootlik (Martie-Retief Meiring, Netwerk24, 4 Februarie 2021). | SINONIEM(E): Pretoria-afrikaans | Pretoriaans | ENGELS: Pretoria Afrikaans
KYK OOK: Ôfrikôôns

b.nw., bw. | Pretoriaanse | wat van Pretoria kom of met Pretoria verband hou: Versamelaars van kontemporêre werke sal uit baie ander interessante werke kan kies, onder meer “Lyttelton”, ’n werk deur die Pretoriaans gebore Anton Karstel (Netwerk24, 31 Julie 2015).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther