Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
lakmoestoets s.nw. | lakmoestoetse |
1 (chemie) toets waarby die kleurstof lakmoes gebruik word om die alkaliniteit of suurgraad van ’n oplossing of dergelike vas te stel. → lakmoes
2 (figuurlik) betroubare toets om iets te bepaal: › My oupa se lewe is ’n lakmoestoets van die Westerse koloniale projek in Suider-Afrika. Hy was dikwels by een of ander landbouskou vir sy werk. In sy video-argiewe sien jy die mans in pakke, die tannies met hul opgepofte hare (David Brits, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023). › Oor dekades heen het die reaksie op die Rushdie-sage die lakmoestoets geword vir die bedreiging van spraakvryheid oor die wêreld heen (Pieter Malan, Rapport, 28 Augustus 2022). › Eskom het die lakmoestoets geword van of die Cyril Ramaphosa-administrasie die land weer op sy voete sal kan kry (Die Burger, 13 Maart 2019). › Wat elektriese voertuie betref, is reikafstand maar die groot lakmoestoets (Die Burger, 14 September 2017).
◌ ENGELS: litmus test
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie
landlyn
lang
lang covid
langbome
lang-covid
lap
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC