Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kurering s.nw. [geen meervoud]
Ook kurasie of kuratering
1 versameling en/of die bestuur van ’n versameling tasbare voorwerpe – erfenismateriaal, kunswerke, en so meer.
2 versameling van inligting wat op ’n bepaalde tydstip vir 'n spesifieke onderwerp of belangstellingsveld van belang of ter sake is, gewoonlik met die doel om waarde toe te voeg.
◌ ENGELS: curation
digitale kurering ◌ Ook digitale kurasie ◌ keuse, bewaring, instandhouding, versameling en argivering van digitale inligting, bronne en bates: › Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is (Josef van Wyk, Suzanne de Villiers-Human, Dirk van den Berg, LitNet Akademies, 12 Mei 2015). › In 'n kort tyd het sy verskeie outentieke bronne ontleed, hul standpunt bepaal en hulle met haar eie menings gesintetiseer. Sy het toe begin werk om haar idees aan haar klasmaats voor te stel as 'n aanlyn versameling, eerder as 'n klein museumuitstalling. Dit is digitale kurering wat reg gedoen word: studente werk op 'n sinvolle manier met outentieke materiaal; vind, analiseer en organiseer om nuwe betekenis daar te stel uit die baie materiaal wat aanlyn beskikbaar is (ISTE Blog, 23 Mei 2017).
KYK OOK: kureer, gekureer, kurator
kubermisdadiger
kuberpelgrimstog
kuberseks
kuberskilpad
kuberweiveld
kuborg
kudde-immuniteit
kuljoen
kultureel
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering
kwabis
KWAK
kwantumbis
kwantumrekenaar
kwarantini
kwarantyn
kweekhuiseffek
kweekvleis
Labarang
labirint
laboratoriumvleis
lagerstätte
lakenstyd
lakmoes
lakmoestoets
Lakshmi
laksjmi-armband
lallimala
lambdavariant
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie