Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kuberpelgrimstog s.nw. | kuberpelgrimstogte | pelgrimsroete wat iemand via die internet volg, op ’n webwerf, in die sosiale media of via die blogs van mense wat besig is om dit te stap: › Kuberpelgrimstogte is nog ’n wyse waarop mense godsdiens in die kuberruim beoefen. › Volgens dr. Suzanne van der Beek van die Universiteit van Tilburg het kuberpelgrimstogte bes moontlik ontstaan nadat mense ander mense wat besig was om ’n pelgrimstog te stap en daagliks daaroor geblog het, begin volg het. Sodoende kon diegene wat nie saamstap nie die belewenis gedeeltelik meemaak (Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). › Kuberpelgrimstogte is weer webtuistes wat mense die geleentheid gee om virtueel deel te neem aan bekende pelgrimstogte (Netwerk24, 18 Maart 2020).
◌ ENGELS: cyber pilgrimage
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad
krygshommeltuig
KSAAG
KSUT
kuberafknouer
kuberafperser
kuberafpersing
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging
kuberboelie
kuberevalueringsintuig
kuberhandskoen
Kubermaandag
kubermisdaad
kubermisdadiger
kuberpelgrimstog
kuberseks
kuberskilpad
kuberweiveld
kuborg
kudde-immuniteit
kuljoen
kultureel
kultuurdier
kultuurmarxis
kultuurmarxisme
kultuurmerker
kultuurmoord
kumbaya
kumbayaïsme
kuningi
kunsberading
kunsmatig
kurasie
kurateer
kuratering
kurator
kureer
kurering