Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
krimi s.nw. | krimi’s | (informeel) misdaadverhaal: › Soos dit ’n goeie krimi betaam, word die moord reeds op die eerste bladsy gepleeg (Phyllis Green, Sarie, 17 Mei 2019). › Niemand weet regtig hoekom krimi’s so gewild is nie. Dalk is dit omdat die boewe, anders as in die werklike lewe, altyd aan die pen ry in krimi’s – nie noodwendig dadelik nie, maar op die lange duur wel (Bettina Wyngaard, Vrye Weekblad, 13 Desember 2019). › Ek lees graag krimi’s en huishoudelike noir waar die intriges haarnaalddraaie gooi en die storielyn knetter en vonk soos ’n lewende elektriese kabel (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 1 November 2019). ◌ ENGELS: crime novel
samestelling(s):
krimifees
krimigenre: › Vroueskrywers trap diep spore in die krimigenre, en vroulike lesers neem die voortou! (Elgin Grabouw Krimifees, 10 Augustus 2019).
kosmeseuties
kosmeseutika
kosmeseutikum
kosopfokker
kostuinbou
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid
kriptohandelsbeurs
kriptomyner
kriptoniet
Krishna
Krisp
kroonpes
kruiskultureel
krummelnavigasie
krummelpad
krygshommeltuig
KSAAG
KSUT
kuberafknouer
kuberafperser
kuberafpersing
kuberbaron
kuberbegraafplaas
kuberbeveiliging