Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kota s.nw. | kotas | (Suid-Afrika, kookkuns) kwart van ’n brood wat uitgehol en met verskillende bestanddele, soos slaptjips, snye polonie, gebakte eier, kaas, atjar en tamatiesous, gevul word: › Die kota is ’n gewilde straatkos in talle buurte in Gauteng. Dis so gewild dat Okay Wasabi en Daliii Danger die YouTube KotaPast9-kanaal begin het om na die perfekte kota te soek. Ons het hulle gevra om vir ons te wys hoe om ’n kota te maak (Huisgenoot, 17 Mei 2018). › Die kota, die townshipburger, is so gewild dat daar elke dag 600 ongesnyde brode by John se winkeltjie alleen afgelewer word om in 2 400 kotas gesny te word (Finweek, 14 Januarie 2016). › Vandag lyk dit of almal oor hul voete val om hul kaassny in ’n kota of ’n vetkoek te kry (Finweek, 14 Januarie 2016). › knoffelpolonie-kota (Huisgenoot, 12 November 2020). › Kotas is uiters gewild in Gauteng en Limpopo en baie in Mpumalanga, maar in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap eet hulle nie kotas nie. Die gewildste wegneemkos daar is eerder amagwinya (Finweek, 14 Januarie 2014). ◌ ENGELS: kota
oorsprong:
Van Engels quarter
samestelling(s):
kotawinkel: › Dit is die burger van die Gautengse townships waar daar in byna elke straat, skoolterrein en taxistaanplek ’n kota-winkel is (Finweek, 14 Januarie 2016). › Verfwerk teen die mure van kota-winkels dien as spyskaartborde, met elke voedselinsluiting by die kota of vetkoek – of dit nou ’n sny polonie of ’n lepel atjar is – wat R1 of R2 by die basiese prys voeg (Finweek, 14 Januarie 2016).
korona-angs
korona-apokalips
koronababa
Koronakaans
koronakrisis
koronamaatreël
koronapaniek
koronaparanoia
koronaresessie
koronaslagoffer
koronastres
koronatoets
koronavirus
koronavrees
koroneus
Korporania
korpuslinguistiek
koskoma
kosmeseuties
kosmeseutika
kosmeseutikum
kosopfokker
kostuinbou
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie
krimi
kringsit
kripto
kriptobeurs
kriptogeld
kriptogeldeenheid