Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kop s.nw. [geen meervoud]
UITDRUKKING(S):
♦ (vir) iemand ’n kop aansit vir iemand jok: › Kim Kardashian en haar clan het dié week aangekondig Keeping Up with the Kardashians (KUWTK) sal ná reeks 20 ten einde loop [...] Ek wil hêppie raak oor dié nuus, maar my kop sê vir my die Kardashians wil ons dalk net ’n kop aansit en seker maak hul kykersgetalle [...] skiet weer die hoogte in (Son, 9 September 2020).
♦ iemand se kop raas iemand se gedagtes is in ’n warboel, of die persoon tree vreemd, eienaardig op: › Hy bad en laat hom kap en skeer, koop nuwe klere en lyk heelwat beter. Sy kop raas egter. Hy skryf kompulsief in notaboeke en wil die onformuleerbare formuleer (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 12 Augustus 2022).
♦ jou kop in die sand steek of jou kop in die sand wegsteek maak asof iets nie bestaan/gebeur nie: › Moet ’n mens dan jou kop in die sand steek en vir ewig in dieselfde belegging bly ondanks wat gebeur? (Die Burger, 10 Desember 2016).
◌ ENGELS: bury your head in the sand
oorsprong:
Na die (onwaar) bewering dat ’n volstruis by dreigende gevaar sy kop in die sand steek.
KYK OOK: kop-in-die-sand-benadering
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer
kopsprong
koptjommie
korona
korona-angs
korona-apokalips
koronababa
Koronakaans
koronakrisis
koronamaatreël
koronapaniek
koronaparanoia
koronaresessie
koronaslagoffer
koronastres
koronatoets