Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
koningin-gemaal s.nw. | koningin-gemale | [gewoonlik enkelvoud]
Ook (verouderend) koningin-gemalin | koningin-gemalinne |
(in die Verenigde Koninkryk) vrou van die regerende koning: › Charles het Britse parlementslede in die saal van Westminster by die paleis van Westminster toegespreek. Camilla, die koningin-gemaal, wat as koningin in die volksmond bekend sal staan, was saam met die koning (Arelene Prinsloo, Netwerk24, 12 September 2022). › Koning Charles en die koningin-gemaal Camilla het net nie die aantrekkingskrag van Elizabeth II nie (Netwerk24, 10 September 2022). › Camilla, die koningin-gemalin, het voor in die motor gesit waarmee sy en koning Charles na die lughawe in Aberdeen geneem is (Netwerk24, 9 September 2022). › Die koning en koningin-gemalin sal vanaand in Balmoral bly en môre terugkeer na Londen (Maroela Media, 8 September 2022). › Koningin Elizabeth II wil hê Camilla, hertogin van Cornwall, moet bekendstaan as koningin-gemalin wanneer prins Charles die troon bestyg (Netwerk24, 6 Februarie 2022).
◌ TEENOOR: ’n koningin (wat regeer), of ’n koningin-regent(es) (wat as regent(es) in die plek van die ware koning of koningin waarneem), of ’n koningin-moeder (gewoonlik die weduwee van ’n koning wat vroeër regeer het).
◌ ENGELS: queen consort
oorsprong:
koningin + gemalin, van Oudhoogduits mahal, vergaderplek. Hier is volksvergaderings gehou, waartydens ook verlowings en huwelike voltrek is. Van mahal is die werkwoord mahalan afgelei, om verloof te raak. Hieruit ontstaan die Hoogduitse afleidings gimahelo vir ’n bruidegom en gimahela vir ’n bruid. In Vroeë Nieu-Nederlands (soos vandag weer) is gemaal vir beide man en vrou gebruik. Die vroulike vorm, gemalin, is later bygevoeg en word vandag deur die Taalkommissie as verouderd beskou.
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer