Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

outismespektrum s.nw. [geen meervoud] Ook outistiese spektrum kontinuum van outistiese steurings en verwante aandoenings waarby simptome volgens ’n glyskaal beskryf word: Ek is ’n ma van ’n seun van 23 wat ’n Asperger is. Dié term, wat verwys na outiste wat “hoogs funksionerend" is en genoem is na die Oostenrykse sielkundige en pediater Hans Asperger, het in onbruik geraak en daar word eerder na mense op die “outistiese spektrum” verwys [...] Mens hét nie outisme nie, jy lý nie aan outisme nie, jy IS outisties (Niki Harmse, Vrye Weekblad, 7 Mei 2021). Aaron het met sy geboorte gesond gelyk, vertel Ilana. Maar sowat ’n jaar later is sy ouers se vrees bewaarheid toe ’n diagnose op die outismespektrum ook by hom gemaak is (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 23 April 2020 ).

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther