Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
koeël s.nw. | koeël |
◌ ENGELS: bullet | (cannon) ball
Oorlogvoering teen ommuurde stadjies het in die Middeleeue dikwels die vorm van ’n beleg aangeneem. Die “buitemuurse” vyand het dan die inwoners bestook met allerlei projektiele, ook koeëls, naamlik kanonkoeëls.
Die res van ’n stadjie was ’n oop teiken, maar die kerk nié. So lank die kerk nie as teiken getref is nie, het die inwoners nog hoop op oorlewing gehad. Maar as die “buitemuurse” vyand die kerk begin beskiet, dan was die inwoners byna seker dat hulle met hulle lewe gaan boet by uiteindelike oorname deur die vyand.
Vandaar: as die koeël deur die kerk is, is daar geen genade voorkant toe nie.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 22 Desember 1997 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting
kluisterkoekoes
KMO
KMR
knater
knibbeltoring
knielplank
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie
knyptang
kodewisseling
koebaai
koebaaikonsert
koebus
koeël
koeklik
koekoes
koel
koeloekoets
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis