Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kliek2 ww. | het gekliek | (rekenaar) (nadat ’n pyltjie op die skerm na die verlangde plek – woord, ikoon of prent – beweeg is) een van die knoppies op die (rekenaar)muis druk om iets te laat gebeur: › Kliek hier vir ’n video (Michelle van der Spuy, Landbouweekblad, 26 Mei 2020). › Nou kan jy in die soekfunksie ’n podcast of woord intik om na te luister. Die podcast sal dan verskyn op jou skerm. Kliek op hom en dan op “follow” (Marius Visser, Huisgenoot, 1 Mei 2020). › Carly het die foto op sosiale media gepubliseer en dit is reeds meer as 700 000 keer gedeel. Altesame 225 000 mense het reeds gekliek dat hulle daarvan hou en amper 10 000 mense het al kommentaar daarop gelewer (Netwerk24, 18 Maart 2020).
◌ SINONIEM(E): klik
◌ ENGELS: click
oorsprong:
Klanknabootsing.
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting
kluisterkoekoes
KMO
KMR
knater
knibbeltoring
knielplank
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie