Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kodewisseling s.nw. [geen meervoud] (taalkunde) afwisseling van tale, waarby met gemak van een taal na ’n ander oorgeslaan of woorde uit verskillende tale afwisselend gebruik word: › Die departement van basiese opvoeding sinspeel op kodewisseling in sy jongste aankondigings oor taalonderrig en verwys na ’n loodsprojek in die Oos-Kaap wat belowend is (Hans Pienaar, Vrye Weekblad, 3 Augustus 2022). › Scientific American gee in ’n aantal artikels te kenne dat tweetaligheid die toekoms van die planeet is – meer as die helfte van alle mense praat meer as twee tale vlot. Die tydskrif doen sy deel om kodewisseling te destigmatiseer – die manier waarop tweetalige of drietalige sprekers in die middel van ’n sin van een taal na ’n ander oorskakel, is heeltemal normaal (Hans Pienaar, Vrye Weekblad, 3 Augustus 2022). › Neem kodewisseling (die verwisseling tussen tale of variante in een gesprek, een sin of selfs een woord) as ’n voorbeeld. Vir dié wat in meertalige omgewings funksioneer, het kodewisseling so te sê die norm geword. So verwissel ons byna daagliks tussen Afrikaans en Engels om vir Engelstalige vriende of kollegas voorsiening te maak en seker te maak hulle verstaan ons (Donovan Lawrence, Netwerk24, 22 Julie 2022).
◌ ENGELS: code-switching | language alternation
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting
kluisterkoekoes
KMO
KMR
knater
knibbeltoring
knielplank
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie
knyptang
kodewisseling
koebaai
koebaaikonsert
koebus
koeël
koeklik
koekoes
koel
koeloekoets
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês