Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kolligeffek s.nw. [geen meervoud] (psigiatrie en psigoanalise) verskynsel dat iemand dink dat meer mense na hom of haar kyk, hom of haar raaksien of dophou, as wat werklik die geval is: › Navorsing het onomstootlik bewys dat die sogenaamde kollig-effek, naamlik die dramatiese oorskatting van jou individuele effek op andere, wyd en syd onder alle bevolkingsgroepe en lae van die samelewing voorkom. Oor die algemeen ervaar mense dat hulle meer opgemerk, dopgehou of geëvalueer word as wat in realiteit die geval is (Louis Awerbuck, Vrye Weekblad, 8 Desember 2023).
◌ ENGELS: spotlight effect
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie
knyptang
kodewisseling
koebaai
koebaaikonsert
koebus
koeël
koeklik
koekoes
koel
koeloekoets
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak