Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
komplotter s.nw. | komplotters | (informeel, skertsend)
1 iemand wat ’n komplot smee.
◌ ENGELS: conspirator | plotter
2 (neerhalend, beledigend) iemand wat samesweringsteorieë glo en/of verkondig: › Vir ’n kort rukkie kon mense voorgee die ekonomie is nie in sy maai nie [...] Dis nou behalwe vir die groepie komplotters wat op sosiale media floreer en dit alles [koningin Elizabeth se jubileumviering] geïnterpreteer het as bewys dat die koningin, soos die pous, al lankal dood is (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 8 Junie 2022). › Hoewel daar geen wetenskaplike bewyse is dat immunisering jou kind kan benadeel nie, is die komplotters nie oortuig nie. Daar is ’n reusekloof tussen wetenskaplike bewyse en wat hulle glo die verborge waarheid is (Sarie.com, September 2020). › Die komplotters weet nie mooi wat om van dié een te maak nie: As 5G dan deel is van die internasionale sameswering om die bevolking kleiner te maak en ons almal aan die tirannie van ’n enkele wêreldregering te onderwerp, waarom baklei een deel van die Amerikaanse regering daarvoor en ’n ander deel daarteen? (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 7 Januarie 2022).
◌ SINONIEM(E): komplotdenker | komplotmarmot
◌ ENGELS: conspiracy theorist
KYK OOK: samesweringsteorie
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis