Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

ouskool
b.nw. | ouskoolse | op ’n ou manier of met ’n ou voorkoms, wat nie meer dikwels gedoen, gebruik of gesien word nie: Amalia verwys na haarself as “ouskool”. “Ter wille van my gesin sal ek eerder ware tyd met hulle spandeer as op sosiale media met hulle konnekteer” (Sarie, September 2016). Hierdie gasstoof lyk ouskool en het twee gasplate: een vir die spaghetti en een vir die bolognese. Dis gemaak van gietyster en sal dus vir ewig hou, maar is nogal swaar (Weg, November 2015). Ons probeer om die ouskoolse ‘Power- Point’-manier van dinge doen, te vermy (Finweek, 18 Julie 2015). Meer ouskool as dié sal jy nie kry nie (Weg, Mei 2016). Kaapstad het altyd ’n uitstekende reputasie vir bootbouery gehad danksy sy enorme poel geskoolde vakmanne en ouskoolse ambagsmanne (Finweek, 20 April 2017).ENGELS: old-school

woorddeel (ook soms, in plaas van die attributiewe vorm, moontlik na die Engels) › ouskool- : ’n ouskool-winkel wat gehekelde doilies, jaffels, vars koeksisters en ou boeke verkoop ouskool-woonwa-eienaars ’n ouskool-kroeg met ’n donkerhouttoonbank.


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther