Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

koronavirus s.nw. | koronavirusse | (patologie, geneeskunde)Ook coronavirus | coronavirusse | soort algemene virus met verskillende stamme wat by mense infeksies veroorsaak wat meestal nie ernstig is nie, maar wat by sommige soorte gevaarlik kan wees, met simptome soos koors, hoes, kortasemheid, buikpyn, diarree, verlies van reuk en smaak, en algemene moegheid: Die koronavirus as lid van ’n “familie” koronavirusse is nie nuut nie. Koronavirusse het voorheen reeds kleiner uitbrekings soos ernstige akute respiratoriese sindroom (Ears) en Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (Mers) veroorsaak en is toe reeds in detail bestudeer (Jana Marx, Netwerk24, 29 Julie 2021). Die Covid-19-virus (soos wat die nuwe koronavirus pas deur die Wêreldgesondheidsorganisasie herdoop is), waarvan die uitbreking reeds op 31 Desember 2019 in die openbaar aangekondig is, het talle aspekte van nasionale en internasionale gesondheidspolitiek blootgelê (Jo-Ansie van Wyk, Netwerk24, 15 Februarie 2020). Die koronavirus bestaan uit ’n hele familie wat ook die gewone verkoue insluit, maar ook uit verskeie baie gevaarlike stamme – en die groep het pas ’n baie gevaarlike nefie bygekry, wat voorlopig as 2019-nCov bekend staan (Herman Toerien, Maroela Media, 28 Januarie 2020). Gerhard Greyvensteyn vertel uit Sjanghai hoe hy homself probeer beveilig teen die geheimsinnige koronavirus wat mense in China neervel (Vrye Weekblad, 23 Januarie 2020). Die dodetal weens die koronavirus in China het tot 17 gestyg, wat die land genoop het om vervoerstelsels te sluit, terwyl inwoners aangemoedig word om nie te reis nie om te keer dat die virus verder versprei (Netwerk24, 23 Januarie 2020). Dié nuwe tipe koronavirus herinner aan die Ears (Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom)-uitbreking van 2002-’03, wat ook ’n koronavirus was en tot die dood van 800 mense in verskeie lande in Asië gelei het (Netwerk24, 22 Januarie 2020).ENGELS: coronavirus

oorsprong:
Van Latyn corona en Grieks korṓnē, kroon, (strale)krans, omdat stekelagtige proteïenuitstulpings om die ronde virus, wanneer dit deur ’n elektronmikroskoop bekyk word, soos krone lyk.


samestelling(s):
koronaviruspandemie


KYK OOK: EARS-CoV-2, covid-19


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther