Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

papmasjien s.nw. | papmasjiene | herwonne skeepshouer toegerus met ’n kitsbanktipe-funksionaliteit waaruit ’n ontvanger van ’n elektroniese selfoonkoepon, deur ’n PIN-nommer in te tik, 'n afgemete porsie vitamienverrykte, gaar mieliemeel, gewoonlik met melkpoeier en suiker daarby ingemeng, kan bekom: ’n Groep meganiese ingenieurs van die Noordwes-Universiteit glo hul nuwe “kitsbank” vir pap kan Suid-Afrikaners se honger teen lae koste stil, ’n gekonkel in die verspreiding van kospakkies uitskakel en boonop die oordrag van die koronavirus tot die minimum beperk. Hulle het die patent vir hulle papmasjien Woensdag geregistreer (Antoinette Slabbert, Rapport, 3 Mei 2020).ENGELS: porridge machine

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther