Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

koronavirus s.nw. | koronavirusse | (patologie, geneeskunde)
Ook coronavirus | coronavirusse |

soort algemene virus met verskillende stamme wat by mense infeksies veroorsaak wat meestal nie ernstig is nie, maar wat by sommige soorte gevaarlik kan wees, met simptome soos koors, hoes, kortasemheid, buikpyn, diarree, verlies van reuk en smaak, en algemene moegheid: Die koronavirus as lid van ’n “familie” koronavirusse is nie nuut nie. Koronavirusse het voorheen reeds kleiner uitbrekings soos ernstige akute respiratoriese sindroom (Ears) en Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (Mers) veroorsaak en is toe reeds in detail bestudeer (Jana Marx, Netwerk24, 29 Julie 2021). Die Covid-19-virus (soos wat die nuwe koronavirus pas deur die Wêreldgesondheidsorganisasie herdoop is), waarvan die uitbreking reeds op 31 Desember 2019 in die openbaar aangekondig is, het talle aspekte van nasionale en internasionale gesondheidspolitiek blootgelê (Jo-Ansie van Wyk, Netwerk24, 15 Februarie 2020). Die koronavirus bestaan uit ’n hele familie wat ook die gewone verkoue insluit, maar ook uit verskeie baie gevaarlike stamme – en die groep het pas ’n baie gevaarlike nefie bygekry, wat voorlopig as 2019-nCov bekend staan (Herman Toerien, Maroela Media, 28 Januarie 2020). Gerhard Greyvensteyn vertel uit Sjanghai hoe hy homself probeer beveilig teen die geheimsinnige koronavirus wat mense in China neervel (Vrye Weekblad, 23 Januarie 2020). Die dodetal weens die koronavirus in China het tot 17 gestyg, wat die land genoop het om vervoerstelsels te sluit, terwyl inwoners aangemoedig word om nie te reis nie om te keer dat die virus verder versprei (Netwerk24, 23 Januarie 2020). Dié nuwe tipe koronavirus herinner aan die Ears (Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom)-uitbreking van 2002-’03, wat ook ’n koronavirus was en tot die dood van 800 mense in verskeie lande in Asië gelei het (Netwerk24, 22 Januarie 2020).
ENGELS: coronavirus

oorsprong:
Van Latyn corona en Grieks korṓnē, kroon, (strale)krans, omdat stekelagtige proteïenuitstulpings om die ronde virus, wanneer dit deur ’n elektronmikroskoop bekyk word, soos krone lyk.


samestelling(s):
koronaviruspandemie


KYK OOK: EARS-CoV-2, covid-19


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther