Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
koskoma s.nw. | koskomas | (informeel) toestand van loomheid, traagheid, luiheid, of dergelike waarin ’n mens jou bevind wanneer jy jou ooreet het en oorversadig is: › Ek het al die jare onthou van gasheer speel vir ander [...] Die warm karre vol kruideniersware en die nog warmer kombuise, skinkborde bros aartappels en die skottelgoed wat gewas moet word, gevolg deur koskomas (Aletta Lintvelt, Vrye Weekblad, 22 Desember 2023). ◌ SINONIEM(E): postprandiale somnolensie | postprandiale slaperigheid ◌ ENGELS: food coma
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer
kopsprong
koptjommie
korona
korona-angs
korona-apokalips
koronababa
Koronakaans
koronakrisis
koronamaatreël
koronapaniek
koronaparanoia
koronaresessie
koronaslagoffer
koronastres
koronatoets
koronavirus
koronavrees
koroneus
Korporania
korpuslinguistiek
koskoma
kosmeseuties
kosmeseutika
kosmeseutikum
kosopfokker
kostuinbou
kota
kotsnaar
kougom
kougomvraag
KPA
K-pop
kraai
kraal
kraan
kragbank
kragskip
kragstuwing
kragstuwingtoestel
krakergroep
kriekmeel
kriekspring
kriewelgatsaak
kriewelkousie