Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kômmintaar s.nw. | kômmintare | [gewoonlik enkelvoud] (informeel, skertsend) verskynsel dat mense onderaan nuusberigte en in die sosiale media (ondeurdagte, niksseggende, lagwekkende en/of aanstootgewende) kommentaar lewer voordat hulle, of sonder dat hulle, die hele artikel gelees of die gesprek gevolg het: › Al die oningeligte, ondeurdagte “kômmintaar” van weetalle wat nie lees nie, papegaaibekke wat praat-praat-praat, maar nie hot van haar ken nie, heeltyd aan die kwas bly trek, die klok hoor lui, maar self nie duidelikheid het oor waar die klepel hang nie ... Hou verby (Jana Luther, Beeld, 13 Maart 2020).
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
koltan
kolwadjik
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek