Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kommerspek s.nw. [geen meervoud] (< Duits, skertsend) molligheid of gesetheid by iemand vanweë ’n oormatige inname van kos wanneer hy/sy bekommerd of gespanne is: › “Kummerspeck” verwys na die gewig wat ’n mens optel weens emosionele pyn en algemene ongelukkigheid. Dit gee erkenning aan daardie gevoel dat as ’n mens ten diepste ontstel is, daar dikwels niks meer gerusstellend is as ’n uitstappie na die kombuis toe nie, waar jy die yskas oopmaak […] Hou lank genoeg daarmee aan, en jy sit dik geëet en nie noodwendig gelukkiger nie, maar met “kommerspek” (Marné Pienaar, Beeld, 7 September 2019).
◌ ENGELS: worry waist
koekoes
koel
koeloekoets
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering