Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
komorbiditeit (patologie, geneeskunde)
1 [geen meervoud] verskynsel dat 'n pasiënt terselfdertyd twee of meer siektes het wat met mekaar verband hou: › Data van oor die land sowel as internasionale data dui op komorbiditeit as ’n belangrike faktor wat tot die dood lei (Netwerk24, 13 Junie 2020).
2 | komorbideite | (by uitbreiding, minder korrek) siekte wat saam met een of meer ander siektes voorkom, en waar die siektes met mekaar verband hou: › Die provinsiale departement van gesondheid sê in ’n verklaring dit is belangrik om jou naastes te beskerm, veral ouer mense en diegene met komorbiditeite (onderliggende toestande) (Jana Breytenbach, Netwerk24, 16 Junie 2020). › Meer as 65% van die pasiënte wat dood is, het meer as twee komorbiditeite gehad (Netwerk24, 11 Mei 2020). › Mense wat baie oorgewig is, het altyd veelvuldige gepaardgaande komorbiditeite (Suzanne Venter, Rapport, 24 Mei 2020).
◌ SINONIEM(E): multimorbiditeit
◌ ENGELS: comorbidity
oorsprong:
Latyn cum saam + morbus siekte
koeloekoets
koep
koesterboom
koevoet
koffie
kohortverpleging
koji
koki
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolligeffek
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota