Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

koebaai tussenwerpsel (uit Engels, informeel) tot siens: Dan sê ek maar koebaai (Kuier, 29 Julie 2015).(ook figuurlik): Gooi ’n hele botteltjie lewensessens in twee liter sodawater, drink elke dag ’n halwe glas en sê koebaai vir hoë bloeddruk (Kuier, 15 November 2017). Clarence [...] het vertel hoe iemand destyds vir hom gesê het hy moet ’n loopbaan in radio koebaai sê omdat hy nie goed genoeg is nie (Kuier, 22 Maart 2017). Sê koebaai vir daai simpel prestasie-evaluering! (Finweek, 3 Maart 2016). Terwyl jy kyk hoe die son vir die berg koebaai sê, ry kinders fiets en speel krieket op die groen grasperke (Weg, April 2015).

koebaai(,) Meraai
1
skertsende groet.

2
gesê van iemand of iets waarvan of van wie dit (moontlik) die laaste sien is/was: Die kar het van die impak getol (gelukkig nie gerol nie) en ek is baie dankbaar ek het die veiligheidsgordel aangehad. Anders was dit koebaai, Meraai (Anél Potgieter, Rapport, 30 September 2018). Vir die een wat die veld ná tagtig minute as die verloorder verlaat, kan dit maklik ’n geval van Koebaai Meraai wees wat ’n plek in die halfeindronde van Suid-Afrika se belangrikste bekerkompetisie betref (Die Burger, 6 Augustus 1999). As [die bokser] dié keer weer onfiks en oorgewig deur die toue klim, is dit koebaai Meraai (Beeld, 4 Maart 1999).


oorsprong:
Engels goodbye


samestelling(s):
koebaaidrukkie
koebaaisoen


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther