Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
libtert | libterte | (informeel, sleng)
1 (a) (neerhalend, spottend) (belediging deur gewoonlik konserwatiewe gebruik teenoor ’n) vrou – maar soms ook man – met politieke/sosiale/ekonomiese simpatieë en/of neigings wat die spreker/skrywer as links en/of losbandig beskou: › Ag lekker vir jou libtert! Hoop jy kry die volle tronk “experience” al is jy net ’n rukkie in die selle. Jou soort is erger as die rooimiere! (“Boikot Jacaranda 94.2 FM”, Facebook, 17 Januarie 2018). › Dit is nie beswadder. Dit is my opinie. In hulle oge is ek net nog ’n libtard. Ek dink wel ’n libtert is cooler (Johrné van Huyssteen, Twitter, 5 April 2018). (b) (selfspottend) (deur vroue soms – en soms ook mans – gebruik om spottend na hulle self te verwys): › En ná baie jare in Kaapstad – ’n plek waar ek tussen ander buitestanders, libterte en weirdos altyd tuis kon voel (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019).
oorsprong:
Uit Engels libtard van liberal + retart | Afrikaans: liberaal + tert.
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte