Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

rona s.nw. [verkorting van: korona] [geen meervoud, ook met hoofletter] (patologie, medies, informeel)Ook die rona, die Rona die besmetlike koronavirussiekte covid-19: Baie van ons gaan nie finansieel in staat wees om ’n weelderige Kersfees te hê nie. Ons sal juis liefde wys deur mekaar in ag te neem en nie onnodig mense aan rona bloot te stel nie (Lorinda Schoonwinkel, Huisgenoot, 18 Desember 2020 ). Dankie dat julle julle deel doen lat ôs amal kan saamstaan tien Rona (Olivia M. Coetzee, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). Strande in KwaZulu-Natal sluit net op sekere dae; strande in Kaapstad net tussen 18:00 en 09:00 (wanneer die Rona slaap); en alle strande in die Tuinroete en Oos-Kaap sommer op elk van die 19 belangrikste dae van die hele bleddie jaar (Waldimar Pelser, Rapport, 20 Desember 2020). korona, Antie Rona

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther