Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
malvapoeding s.nw. | malvapoedings | malvapoedinkie | (kookkuns) gebakte poeding met appelkooskonfyt, lemoensap en asyn waaroor ’n room-botter-vanieljesous gegiet word: › Ons poedingskatkis loop oor van warm bruinpoedings met stroopsoetigheid wat die eter in ’n suiker-beswyming laat. Wat die eetbare erfstukke te kort skiet aan skoonheid, vergoed hulle voor met beskrywende name soos fluweelpoeding, skrikkeljaar-poeding en kabinetspoeding. Maar die gesalfde van die bruinpoedings is malvapoeding – almal se gunsteling en ons land se simbool van soetigheid (Errieda du Toit, huiskok.com, 16 Augustus 2013). › Outydse dieplekker malvapoeding pas by enige geleentheid en is gewild die wêreld oor, selfs kletskoningin Oprah eet dit (Sarie, Julie 2015). ◌ ENGELS: malva pudding
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind