Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
marabi s.nw. [geen meervoud] (musiek) ◌ Ook (selde) maribi ◌ styl van dansmusiek wat in Doornfontein, Johannesburg, ontstaan het en veral in die 1920’s tot 1940’s in townships en sjebiens gewild was – ’n mengsel van Afrika- en Afrikaanse (boere)musiekklanke wat aangepas is vir uitvoering op ’n orrel of klavier, en wat later elemente van Amerikaanse jazz bygekry het, en nog later ook van popmusiek: › Met twee nuwe rolprente en ’n musiekspel het die gewilde groep Mango Groove groot planne [...] Alles sal eers in ’n post-koronawêreld voltooi word, sê John Leyden, stigter van dié groep wat met die penniefluit, kwêla, marabi en pop in musiekliefhebbers se hart gekruip het (A.J. Opperman, Netwerk24, 21 April 2020). › Die fees sal ’n panorama van Suid-Afrikaanse klanke uit verskillende streke en ouderdomsgroepe bied. Dit sluit in marabi, oftewel kroegmusiek met klavier en orkes; kwela, oftewel straatmusiek met penniefluit en kitaar; mbaquanga, oftewel Suid-Afrikaanse blues; asook Zoeloemusiek en -danse, jive en fusion (Die Burger, 12 Mei 1995). ◌ ENGELS: marabi
samestelling(s):
marabi-melodie
marabi-musiekstyl
marabi-pop
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME