Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
makou s.nw. | makoue | pluimveesoort
UITDRUKKING(S):
♦ ’n flou makou iemand sonder ondernemingsgees, wat traag is om standpunt in te neem of sy/haar kant te bring, wat nie daadwerklik optree nie maar eerder moeilike situasies vermy: › Die president moenie ’n flou makou wees in sy staatsrede nie (Nuusuitsending, 8 Februarie 2023). › As Luthulihuis in die vorm van M. kragdadige uitsprake oor ’n kabinetskommeling begin maak, weet ons die president van die land het ’n flou makou geword (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 6 Januarie 2023). › Hy word ’n flou makou en ruggraatloos genoem (Netwerk24, 20 Desember 2022). › Hierdie wedstryd sou gewys het of ons weer flou makoue gaan wees en of ons aanspraakmakers kan wees (Stephen Nell, Netwerk24, 2 Februarie 2020).
◌ ENGELS: weakling
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malbaai
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer
mansbolla
mansplikasie