Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
maningal ww. | het gemaningal | (Kaaps-Maleis, Moesliemafrikaans) doodgaan; sterf: › Aside vannie losses experienced tydens slavery en apartheid, het ôs oek baie losses experience deurie Covid pandemic innie vorm van ôse ouere generations wat maningal. Ek wonner as ôsie consequences van hierie mass deaths ve’staan (Tasneem Daniels, LitNet, 14 Februarie 2022). › Nee man, ek sal nie kan gaan nie. Ek gaan na ’n gaajat. Dis mos Amie Yusie se honderd dae. Hy het mos in die pwasa gamaningal, in Soeboeg se waktoe. (Boeta Mogamat Alexander, Vrye Weekblad, 27 Oktober 2023).
◌ ENGELS: die | pass away
maningal
Originally Indonesian vi “oorlede”, en dit is gebruik in twie maniere: “maningal” (teenwoordige tyd) en “gemaningal” (verlede tyd) – woo’de wat djy baie gereeld hoo by janaazas (begrafnisse). Innie ou dae wassie malboet die een responsible om janaaza announcements uit te sit en vi die hele community te inform as iemand gemaningal is. Dis usually ’n hele performance innie straat: “Gabba, gaaba! My ma-hulle stuur krieslaam. Boeta so-en-so het vandag maningal. Die janaaza is 1’o clock byrie masiet.” My pa ve’tel my baie malboet-stories vannie District Six days, en die malboet tradition is nog altyd alive innie Bo-Kaap – die imam sal oorie masiet se mike janaaza announcements gie. Maa nowadays stuur die malboet net ’n WhatsApp broadcast, of djy hoo janaaza notices oppie radio on a daily basis
Tasneem Daniels, LitNet, 12 Augustus 2021
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malbaai
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
Mashallah
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda