Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
MERS akr. [Engelse afkorting Middle East respiratory syndrome] [geen meervoud] (patologie, geneeskunde)
Ook mers
soönose veroorsaak deur die Midde-Oosterse respiratoriesesindroom-koronavirus, ’n akute lugweginfeksie met koors, hoes, kortasemheid, en soms ook diarree en braking, as vernaamste simptome: › Tydens die uitbrekings van Mers en Ears is chlorokien getoets om te kyk of dit die verspreiding van die virus kan stuit (Heinz Mödler, Rapport, 19 April 2020). › Plasma, die vloeistof in die bloed wat wemel van teenliggame nadat iemand van ’n siekte soos Covid-19 herstel het, was reeds suksesvol in klein studies om aansteeklike siektes soos Ebola en Mers te behandel (Netwerk24, 5 April 2020).
KYK OOK: EARS
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente