Bygewerk op 20 Julie 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

nywerheidsrevolusie s.nw. | nywerheidsrevolusies |Ook nywerheidsrewolusie, industriële revolusie/rewolusie, nywerheidsomwenteling

vierde nywerheidsrevolusie [afkorting 4NR]Ook Vierde Nywerheidsrevolusie, Vierde Nywerheidsomwenteling die ontwikkelende omgewing van vandag waarin nuwe, sg. ontwrigtende tegnologieë – die Internet van Dinge, robotika, kunsmatige intelligensie en virtuele werklikheid/realiteit – die manier waarop mense lewe en werk, ingrypend verander: Die vierde nywerheidsrevolusie is ’n voortsetting van wat bereik is deur die voorafgaande digitale revolusie en word gekenmerk deur deurbrake op verskillende terreine. Dit sluit in robotika, kunsmatige intelligensie, nanotegnologie, kwantumrekenaars sowel as biotegnologie (Gert Bezuidenhout, Netwerk24, 22 April 2023). Die vierde nywerheidsrewolusie (4NR) word deesdaegeassosieer met eindelose Zoom-vergaderings en WhatsApp-kuiers met vriende en familie (SAAWK, Mei 2020). Dr. Klaus Schwab, stigter van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF), het die term “vierde nywerheidsrevolusie” in 2016 geskep. Dit verwys breedweg na die grense tussen die fisieke, digitale en biologiese wêreld wat stelselmatig verdwyn (Elvira Wood, Netwerk24, 16 Oktober 2019). Sommige mense sê dis eintlik maar net ’n voortsetting van die derde een, maar ja, die vierde nywerheidsrevolusie is met ons. Dit staan ook bekend as Nywerheid 4.0 na aanleiding van ’n groep Duitsers wat in 2011 onder dié naam byeengekom het op soek na ’n manier om Duitse mededingendheid in die vervaardigingsektor te verhoog (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 30 November 2019). Die vierde nywerheidsrevolusie is ontwrigtend, want take wat gewoonlik deur mense verrig is, word geoutomatiseer. Maar dit is nie noodwendig ’n negatiewe ding nie (Werner Beukes, Netwerk24, 17 September 2019). Die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie [hou in] ’n wêreld waar alles en almal in oombliklike digitale verbinding met die res is. Die grense tussen ons biologiese, fisieke en digitale omgewings vervaag. Die grense tussen menslike kennis en vermoëns en dié van masjiene vervaag (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 November 2019). Die vierde nywerheidsrevolusie bied enorme geleenthede vir wie ook al ’n goeie skolastiese ervaring en toegang tot goeie gesondheid het (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 25 Oktober 2019). Die etiese vrae van die Vierde Nywerheidsomwenteling is egter op ons. Wat gemaak wanneer outomatisering mense se werk en waardigheid van hulle begin ontneem? (Woordfeesgids, 2020).ENGELS: fourth industrial revolution | 4IR


derde nywerheidsrevolusie [afkorting 3NR]Ook Derde Nywerheidsrevolusie, Derde Nywerheidsomwenteling ontwikkeling en aanwending van die rekenaar en outomatisering: Die derde nywerheidsrevolusie (outomatisering) het elektronika en inligtingstegnologie ingespan om produksie te outomatiseer (Gert Bezuidenhout, Netwerk24, 22 April 2023).ENGELS: third industrial revolution | 3IR


tweede nywerheidsrevolusie [afkorting 2NR]Ook Tweede Nywerheidsrevolusie, Tweede Nywerheidsomwenteling ontwikkeling en aanwending van elektriese krag: Die tweede nywerheidsrevolusie (elektrifisering) is deur die gebruik van elektriese krag vir massaproduksie gekenmerk (Gert Bezuidenhout, Netwerk24, 22 April 2023).ENGELS: second industrial revolution | 2IR


eerste nywerheidsrevolusie [afkorting 1NR]Ook Eerste Nywerheidsrevolusie, Eerste Nywerheidsomwenteling ontwikkeling en aanwending van stoomkrag: Die eerste nywerheidsrevolusie (stoom) is gekenmerk deur die gebruik van water en stoomkrag om produksie te verbeter (Gert Bezuidenhout, Netwerk24, 22 April 2023).ENGELS: first industrial revolution | 1IR


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther