Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ondernemingsredding s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (ekonomie, handel) verrigtinge om die rehabilitasie van ’n maatskappy wat in finansiële nood is, te fasiliteer deur voorsiening te maak vir:
(i) tydelike toesig oor die maatskappy en bestuur van sy sake, bedrywighede en eiendom;
(ii) ’n tydelike moratorium op die regte van eisers teen die maatskappy of ten opsigte van eiendom in sy besit; en
(iii) die ontwikkeling en implementering ... van ’n plan om die maatskappy te red deur sy sake, bedrywighede, eiendom, skuld en ander laste, en ekwiteit sodanig te herstruktureer dat die waarskynlikheid dat die maatskappy op ’n solvente grondslag sal voortbestaan gemaksimaliseer word of, indien dit vir die maatskappy onmoontlik is om voort te bestaan, sal lei tot ’n beter opbrengs vir die maatskappy se skuldeisers of aandeelhouers as wat uit die onmiddellike likwidasie van die maatskappy sou voortspruit: › (artikel 128(1)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008, wat op 1 Mei 2011 in werking getree het). › Die graanverhandelaar en produksiefinansier wat einde verlede jaar in ondernemingsredding geplaas is, is gelikwideer ná die Land Bank sy steun onttrek het (Marleen Smith, Landbouweekblad, 21 April 2016). ◌ SINONIEM(E): sakeredding ◌ ENGELS: business rescue
samestelling(s):
ondernemingsredder
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa
oksimeter
oktobas
olielap
olifant
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig