Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
poeierhol s.nw. | poeierholle | (informeel, neerbuigend, kwetsend) iemand met ’n meerderwaardige houding, wat ydel is, aanstellerig, hoogmoedig en verwaand, wat oordryf om aandag te trek, en dergelike: › Hierdie dames shop by Woolies en ry dikgat 4x4’s soos Pajero’s of Fortuners. Poeierholle sal ook met groot oë vir jou die wonders van nuwe handelsmerke soos Hyundai of Kia besing. ’n Poeierhol glo dat die prys van ’n item die aanduiding van kwaliteit is: Hulle sal duisende spandeer op ’n Smeg-ketel net om hulle ander poeierholvriendinne te beïndruk (Nini Bennett, LitNet, 19 Oktober 2023). › Die ouer poeierholle het jare gelede afrondingskole bygewoon waar hulle geleer het om fyn te onthaal en te sit soos ’n queen (Nini Bennett, LitNet, 19 Oktober 2023). › Poeierholle kompeteer heeltyd met ander mense [...] Baie van die Kaapse poeierholle se tuine is uitgelê met nylongras [...] Die Kaapse poeierholle hou van sosiale outings soos wynproe in die Stellenbosch- of Franschhoek-omgewing, en poeierholma’s gee vir hulle dogters etiketboeke (die tweede bybel) van tannie Emsie en haar opvolger, Nataniël, vir hulle 21ste verjaardag (Nini Bennett, LitNet, 19 Oktober 2023). › Wees lekker ... Moet nie ’n poeierhol wees nie (Facebook, 4 November 2020). › Poeierhol ... Dis nou ’n oulike woord wat vandag sy weg tot by my gevind het. Dit word gebruik om ’n aanstellerige persoon te beskryf. Julle almal weet waarvan ek praat: daardie mense wat dink hulle poep parfuum ... duur, ingevoerde, eau de parfum (Chantelle de Wet, Die Woordenaar, 20 Junie 2017).
samestelling(s):
poeierholkorps
poeierholtannie: › En toe gebeur dit weer. Poeierholtannies wat pik op iemand wat haarself nie kan verdedig nie oor sy nie kan tik soos hulle nie (Facebook, 26 Oktober 2020).
poeierholvriendin
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam
plekspeld
pleonasme
plettervat
pliebaadjie
pliggie
plofkop
plofwoord
plukbrood
plustens
podiumpoësie
podsending
poefsakkie
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie
poepsakkie
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie